Gebruik Bosbaard Baard olie 2 keer per dag,verkieslik na jou baard nat is dit help omrede jou vel gehidreer is met water en olies trek beter in jou vel en baard hare in.
Is Bosbaard Baardolie rerig 100% organies?Bosbaard olies is 100% organies al ons olies dra sertifikate vir elke joernaal produksie en al ons olies bevat GEEN GEUROLIES, slegs draerolies en essensiële olies.Hoeveel olie moet ek aan smeer aan my baard?Net so katspoegie niks groter as n 50 sent muntstuk nie,teveel olie is sleg vir jou baard en kan jou so laat blink dat jy wel n kraai uit die lug sal lok .

Wat is baard olie?

Baardolie is ‘n kosmetiese produk wat gebruik word om die vel onder die baard te voed en voedingstowwe weer terug in te werk. Jou baard trek olies uit jou vel en om baard olie te gebruik sit weer daai voedingstowwe weer terug in jou vel wat help om jou baard gesond te hou en te help met die groie proses.